0
0 ITEMS IN SHOPPING BAG
0
0 ITEMS IN SHOPPING BAG

Deon Meiring live @ The Daisy Jones Bar

The event is finished.

Category
Beperkte kaartjies aanlyn beskikbaar – https://www.quicket.co.za/…/126303-deon-meiring-live-by…
Jy sal vir Deon Meiring ken as die ou wat liedjies skryf, sing en kitaarspeel vir Glaskas en ook die duo Dans Dans Lisa wat hy saam met sy vriend, Bouwer Bosch gestig het. Deon skryf ook dikwels liedjies wat nie noodwendig presies pas by hierdie groepe se aanslag nie. Daarom het hy ook ’n solo projek onder sy eie naam. Buiten sy drie kortspelers en verskeie enkelsnitte (soos “Ek weet net nie”, “Vingerafdrukke” en “Naby jou wees”) is sy musiek ook al gebruik in films. Sy mees onlangse EP, Grensbewoner, se liedjies is die temamusiek van die 2020 kykNET reeks, Kompleks. Dit sluit ook ’n nuwe weergawe van Koos Kombuis se tydlose “Bicycle sonder ’n slot” in wat Koos en Deon saam sing. In sy optredes doen Deon verskeie liedjies uit sy pen: Gestroopte weergawes van die bekende liedjies wat hy vir Glaskas en Dans Dans Lisa geskryf het asook die musiek wat luisteraars sal ken van sy solo werk. Buiten liedjies skryf Deon ook ’n weeklikse brief vir die wêreld wat hy in die vorm van ’n video op Instagram, YouTube en Facebook deel. Deon deel ook iets van hierdie stories en skryfwerk op die verhoog.
Die band SARA sal die aand open. Hulle debuut video “Lyk asof jy weet” is sopas uitgereik.

Date

19 Dec 2020

Time

5:00 pm - 10:00 pm

Organizer

Natasha Frost
Phone
083 9769 471
Email
[email protected]

Cost

Starting at R80
QR Code

More Info

Get Tickets Here

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *